Herwinbare tandepasta-buisie op pad

‘n Vervaardiger van tandeprodukte het ‘n herwinbare buise vir tandepasta in Suid-Afrika bekendgestel. Francois Falls van Colgate Suid Afrika sê hoewel die ontwikkeling van die buisie Colgate se projek is, kan alle vervaardigers daarby baat vind. Colgate hoop om teen 2025 na die gebruik van ‘n herwinbare en herbruikbare verpakking vir tandepasta oor te skakel as deel van sy doelwit van volhoubaarheid.