Babi: dis die laaste uitstel

Windhoek Landdros Linus Samunzala het die Staat ‘n finale uitstel gegee in die saak teen die selfverklaarde profeet, Jackson Babi. Die Aanklaer-Generaal moet besluit waarvoor hy aangekla sal word. Babi het drie sake op die hofrol. Een wat verband hou met die besit van renoster horings, die jag van ‘n renoster en omkopery. Daar is ‘n klopjag by sy huis in Kleine Kuppe op 27 Mei uitgevoer en die horings is gevind. Daar word beweer dat hy later probeer het om die ondersoek beampte in die renoster horing saak probeer omkoop het met 13 000 doller. Hy is borg geweier en is sedert sy inhegtenisname in aanhouding. Die saak is finaal uitgestel tot 9 Junie.