Tafelbergpark steeds gesluit

Spanne van SANParke het met opruimingswerk in die Tafelberg Nasionale Park begin ná die brand wat by die Rhodes-gedenkteken ontstaan, en vir vier dae in die gebied gewoed het. ‘n Woordvoerder van SANParke, Rey Thakhuli, sê die Nuweland-woud, die gebied by die Rhodes-gedenkteken, Deerpark en die Stadskom-gebied in die noordelike deel van die park bly om veiligheidsredes gesluit. Thakuli sê hy begryp dat voetslaners graag weer in die park wil gaan stap, maar die gevaar is te groot: