Clicks sluit aan by inentings

‘n Suid-Afrikaanse apteek-kleinhandelreus sê hy werk nou saam met regeringsdepartemente en organisasies wat betrokke is by die nasionale entstof-program. ‘n Woordvoerder van Clicks sê die maatskappy se planne om in die komende boekjaar 40 nuwe winkels oop te maak as deel van ‘n 745 miljoen Namibiese doller uitbreiding, sal die inentingsprogram aanhelp. Altesaam 62 Clicks-apteke is deur die Departement van Gesondheid geregistreer om te help met fase een van die program. Hulle netwerk is tans in staat om maandeliks tussen 600 000 en 700 000 inentings toe te dien.