SA se gesondheidsektor belemmer ekonomie

Die sakegroep in die buurland Business Leadership SA sê wanadministrasie in die openbare gesondheidsektor kos die land en die ekonomie baie. Sowat 80 persent van Suid-Afrikaners maak staat op die 4 300 inrigtings in die land. Uitvoerende Hoof Busi Mavuso sê die staat sal in vennootskap met die privaat sektor toegang tot die beste moontlike gesondheidsorg moet verseker vir enige kans op inklusiewe groei om ongelykheid uit te wis. Sy sê die regering moet onmiddellik die gesondheids-bedreiging teenwerk deur seker te maak die inentingsveldtog gaan voort.