‘Joints for Jabs’ inentingsveldtog in VSA

‘n Kreatiewe veldtog om mense te kry om hulle in te ent teen Covid is in dele van die VSA van stapel gestuur. Die inisiatief, ‘Joints for Jabs’ verskaf ‘n dagga-sigaret na ‘n Covid-inenting toegedien is. ‘n Soortgelyke inisiatief is ook in New York gehou. Drukgroepe benut die tipe van veldtog om wetgewing in verband met dagga aan te pas, veral in deelstate waar dit reeds gewettig is.