NamPower kry amper 3% verhoging

Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n verhoging van 2.92% in die grootmaattarief goedgekeur. Die verhoging is van toepassing op al NamPower se direkte kliënte. Die kragvoorsiener het volgens die beheerraad aansoek gedoen vir 5,8 persent. Die nuwe prys tree op 1 Julie in werking en dit is die eerste verhoging in twee jaar. Plaaslike owerhede en kragverspreiders in die streke sal individueel by die beheerraad aansoek doen vir goedkeuring op hulle eie verhogings vir hulle direkte kliënte.