GRN moet plan maak met vlugtelinge

Die Namibiese regering het kontak gemaak met die regerings Burundi, Rwanda, en die Demokratiese Republiek van die Kongo om oplossings te vind vir vlugtelinge van daardie lande wat in Namibië aankom. Die Adjunkminister van Binnelandse Sake Daniel Kashikola sê die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge is ook betrek. Op die oomblik is daar meer as 7 500 vlugtelinge in die land en daar kom daagliks meer aan. Ander soek weer skuiling vanuit Suid-Afrika. Kashikola sê net minder as 6 300 vlugtelinge is reeds geprosesseer en die ander sal teen die einde van Julie voltooi wees. Die bestuur van die vlugtelinge sal die ministerie net meer as 11 miljoen doller in die huidige finansiële jaar kos.