Die toekoms vir toerisme is onseker

Vooruitsigte vir toerisme is uiters onseker. Dit is die standpunt van die Bank van Namibië na ‘n peiling in die bedryf. Die Gasvryheidsvereniging het net minder as 34 persent van sy beskikbare 284 000 beddens in 2020 verkoop. Beskikbare akkommodasie het ook skerp gedaal van 284 000 verlede jaar tot net minder as 215 000 in die eerste kwartaal van 2021. Die bank sê die sektor se herstel maak staat op hoe die pandemie ontwikkel, die beskikbaarheid van entstowwe en die gereedheid van besighede. Die vlakke van vetroue van reisigers sal ook ‘n rol speel.