Inentings en mediese afval…

En hier is ‘n hele nuwe hoek op die wêreldwye intentings: Internasionale nuusagentskappe berig dat kenners hulle kommer uitgespreek het oor die tonne mediese afval wat deur inentingsveldtogte gegenereer word. Wêreldwyd is 1,04 miljard dosisse reeds toegedien en elke spuit gebruik 1 naald en 1 inspuiting buis. Daar is tot drie dosisse in sommige glashouers, afhangende van die tipe entstof. Maatskappye wat mediese afval bestuur sal volgens kenners begin om uitdagings te ervaar veral in lande wat digbevolk is.