Myeni se oorskot op pad huistoe

Die oorskot van Lindani Myeni, wat in KwaZulu-Natal gebore is, het vroeg vanoggend vanaf die Internasionale Lughawe in Honolulu, Hawaii, na Suid-Afrika vertrek. Dit sal oor Dallas in Texas en Heathrow in Londen gevlieg word om Vrydagoggend in Johannesburg te land. Die Amerikaanse polisie het die 29-jarige Lindani doodgeskiet. Honolulu se polisie sê hulle is gedwing om mag te gebruik toe Myeni hulle na bewering aangeval en drie geregsdienaars beseer het. Sy vrou, Lindsay, het Maandag na Suid-Afrika vertrek.