Sonder Angola kan kordonheining nooit gaan nie

Die beplande heining tussen Namibië en Angola is te duur en sal nie opgerig word nie. Die Kabinet het die heining reeds in 2015 goedgekeur in ‘n poging om die grens tussen Namibië en Angola te versterk en so, beter beheer oor bek- en klouseer in die noordelike gebied van die land te verseker. Volgens die Vleisraad is die beste opsie, veral met die huidige infrastruktuur in ag geneem die toepassing van kommoditeitsgebaseerde handel. Dus, het niks verander nie en die veterinêre kordonheining in die noorde bly staan. Die Namibiese Landboukenner Wallie Roux sê Angola is nie verbind tot ‘n oplossing nie. Hy verduidelik.