Seibeb beveel om te verskyn

Die Nasionale Vergadering se Staande Komitee op Voordele het opdrag aan die Hoofsweep van die LPM-party Henny Seibeb gegee om op 18 Mei voor die komitee te verskyn. ‘n Verhoor word gehou in verband met die chaos na President Hage Geingob se Staatsrede op 15 April. Seibeb het ingevolge die reëls van die Huis nie […]

Read More

Ace: Cyril het oorlog verklaar

Die Suid-Afrikaanse Politieke Ontleder Daniel Silke sê President Cyril Ramaphosa het oorlog verklaar toe hy in ‘n vernederende opdrag, ‘n verskoning van die geskorste Sekretaris-Generaal van die ANC, Ace Magashule, geëis het. Die regerende party se Nasionale Uitvoerende Komitee wil hê Magashule moet in die openbaar om verskoning vra vir die brief waarin hy Ramaphosa […]

Read More

Tariewe in hoofstad styg, huishoudings sukkel reeds

Vir die finansiële jaar 2021-2022 het die meerderheid van Stad Windhoek se tariewe nie verhoog nie, maar dit het minimum verhogings voorgestel wat aan die relevante owerhede vir goedkeuring voorgelê is. Dit sluit in die veranderde elektrisiteitstariewe afhangend van die Elektrisiteitsbeheerraad. Watertariefveranderings word ook oorweeg, afhangende van NamWater. Vir riooltariewe en vullisverwydering word ‘n 5 […]

Read More

Boris en daardie vakansie…

Nóg ‘n storm het om die Britse Premier Boris Johnson se kop losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat die Parlementêre Kommissaris vir Standaarde sy reis in 2019 na Mustique ter waarde van 15 000 pond ondersoek. Volgens internasionale media was die reis vir twee ‘n geskenk.

Read More

18% van Covid-toetse positief

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 139 nuwe gevalle van Covid uit 775 toetse bevestig. Khomas het 33 met al die gevalle in Windhoek. Hardap het 27, Ojtzondjupa 26, Erongo 19, Karas 10 en Kavango Oos en Zambezi 7 elk. Daar is 21 leerders, 4 studente en 5 gesondheidswerkers in die groep. Die ministerie sê […]

Read More

Jerusalem se Westelike Muur ontruim

Jerusalem se Westelike Muur is vanmiddag te midde van voortslepende konflik tussen Israel en Palestina ontruim. Die volg minute ná vuurpyle uit die Gasastrook op Israel afgevuur is, lui internasionale mediaberigte.

Read More

WGO: Winter bring groter risko vir virus

Tydens die Wêreldgesondheidsorganisasie se mediakonferensie het die Direkteur-Generaal, Tedros Ghebreyesus, aangedui dat mense in die winter nader aan mekaar beweeg omdat dit koud is. Hy sê dit dra die risiko dat die virus vinniger kan versprei. Met die winter wat aan die deur klop vir Namibië, word mense gemaan om versigtig te wees.

Read More

SA het genoeg entstowwe

Met Suid Afrika se tweede fase van sy nasionale inentings-program wat vandag oor ‘n week afskop, sê ‘n plaaslike sake-belange groep dat dit vol vertroue is dat die regering genoeg entstowwe aangeskaf het om sy landwye inentingsveldtog suksesvol te kan implementeer. Business for South Africa sê ondanks die vroeë terugslae wat tydens die aanvangsfase van […]

Read More

Cyril: Ace moet verskoning vra

Geskorste ANC Sekretaris-Generaal Ace Magashule is beveel om in die openbaar verskoning te vra vir die sogenaamde brief waarin hy vir President Cyril Ramaphosa skors. Rampahosa sê Magashule het geen mag of mandaat om hom te skors nie. Hy sê indien Magashule nie in ‘n sekere tyd onvoorwaardelik verskoning vra nie, die ANC dissiplinêre prosedures […]

Read More

Boulter hoor môre oor borg

Die Britse sakeman en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, gaan môre in die Outjo-landdroshof hoor of hy op borgtog vrygelaat gaan word. Landdros Immanuel Udjombala sal môre uitspraak in sy borgtogverhoor lewer. Die staat staan borgtog hewig teen en meen hy is ‘n vlugrisiko. Boulter, wat op ‘n moordklag op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk tereg staan, […]

Read More