Anker-kinders moet uit na skudding

Die Namibiese Ministerie van Onderwys sê hy beplan om personeel en leerders van die Edward Garoëb Primêre Skool by Anker na Fransfontein te skuif as gevolg van die hoeveelheid skuddings wat die gebied ervaar. Meeste van die leerders is drie jaar verskuif maar is aan die begin van die jaar herroep. Na Sondag se aardbewing van 5,4 op die Richterskaal is daar hernude kommer oor die welstand van die leerders en onderwysers. Anna Nghipondoka, die Minister van Onderwys het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.