Storie oor ietermagô bewaring lok verkeerde reaksie uit
Daar word verwag dat die Namibiese Ministerie van Omgewingsake binnekort sal reageer op ‘n berig wat die nasionale uitsaaier oor die onwettige handel in die ietermagô gedoen het. Die spesie is die dier wat die meeste mee onwettig handel getref word. Luidens die ministerie se jaarverslag oor stropery, is 129 van die diere in 2019 […]
Unam: alles moet môre betaal wees om te gradueer
Die Universiteit van Namibië het ‘n beroep op alle studente gedoen om te verseker dat alle nodige dokumentasie ingedien is en fooie op datum is sodat hulle Vrydag kan gradueer. Die universiteit sê enige dokumentasie of betaling wat na 13 April ontvang word, sal veroorsaak dat hulle gradeplegtigheid eers in September vanjaar kan plaasvind. Berigte […]
Haufiku op entstof…
Daar is nou reeds byna 3 000 mense in Namibië teen Covid-19 ingeënt in weerwil van die feit dat die land meer as 100 000 dosisse entstof van China en Indië ontvang het. Dr Bernard Haufiku, voormalige Minister van Gesondheid het met Kosmos 94.1 Nuus hieroor gepraat.
Iran blameer Israel vir kragonderbreking
Die Iranse owerhede het die kragonderbreking by die Natanz-kernaanleg as ‘n terroristedaad beskryf. Die kragonderbreking is volgens berigte die gevolg van Israeliese kuberoptrede. Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, het gister gesê die stryd teen Iran en sy bondgenote en die land se bewapeningspogings is ‘n reuse sending. Volgens internasionale media is die kragonderbreking blykbaar veroorsaak […]
Kora-saak: regter wil weet wat nou?
Regter Herman Oosthuizen het opdrag gegee aan die partye in die saak waarin die Namibiese Toerismeraad die Mundial Telecom Sarl maatskappy, sy eienaar Ernst Adjovi en sogenaamde plaaslike verteenwoordiger Tonata Shiimi dagvaar vir 1,5 miljoen Amerikaanse doller, om vanoggend voor hom te verskyn. Oosthuizen wil weet wat die status van die saak is en hoe […]
Regering se verantwoordelikheid om werkers veiling te hou – Ardern
Die Eerste Minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, sê doeane-amptenare wat teen die einde van April nie teen Covid-19 ingeënt is nie, sal in poste geplaas word waar hulle minder blootgestel is. Dit volg luidens berigte op ‘n geval verlede week waar ‘n werker positief getoets het nadat hy twee afsprake vir ‘n inenting misgeloop het. […]
Zuma is beskikbaar vir ANC-veldtogte
Reaksie word ontvang op die nuus dat die voormalige Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma, aan die ANC se veldtog vir die komende plaaslike regeringsverkiesing gaan deelneem. Die buurland gaan in Augustus na die stembus, ondanks oproepe dat dit uitgestel moet word weens die dreigende derde vlaag van Covid-19 besmettings. Die Tesourier-Generaal, Paul Mashatile, het bevestig dat […]
Reaksie oor klankopname van ANC se top-ses
Die ANC se Tesourier-Generaal, Paul Mashatile, het die uitlek van ‘n klankopname van die ANC se top-ses vergadering veroordeel. In die opname word die ANC President, Cyril Ramaphosa, gehoor waar hy aan die voormalige president Jacob Zuma sê hy beskou hom as ‘n leier, ondanks Zuma se gevoel dat Ramaphosa hom in die tronk wil […]
Sprinkane by die kus, Ohangwena
Sprinkane het reeds hulle verskyning by die kus gemaak met die oosweer wat tans ervaar word. Intussen word daar uit die Ohangwena-streek berig dat sprinkane vanuit Angola in die Ongenga Kiesafdeling hulle opwagting gemaak het met die eerste swerms wat Saterdagmiddag opgemerk is. Teen Sondag was die Ministerie van Landbou reeds op die toneel besig […]
Skool-uniform projek wag sedert 2013
Die Namibiese Minister van Handel Lucia Iipumbu sê die sogenaamde skool uniform projek is gevorderd en sal die jaar geïmplementeer word. Kabinet het reeds in 2013 die plan om die invoer van skool uniforms uit te faseer goedgekeur maar dit is steeds nie geïmplementeer nie. Die projek sou meer as 8 000 werksgeleenthede geskep het […]