Sprinkane by die kus, Ohangwena

Sprinkane het reeds hulle verskyning by die kus gemaak met die oosweer wat tans ervaar word. Intussen word daar uit die Ohangwena-streek berig dat sprinkane vanuit Angola in die Ongenga Kiesafdeling hulle opwagting gemaak het met die eerste swerms wat Saterdagmiddag opgemerk is. Teen Sondag was die Ministerie van Landbou reeds op die toneel besig om die swerms met plaagdoder te spuit. Bestaansboere in die gebied het groot kommer oor veral hulle mahangu-lande en weiding. Die gebied het nie baie goeie reën ontvang nie en daar is kommer oor die stand van weiding.