Storie oor ietermagô bewaring lok verkeerde reaksie uit

Daar word verwag dat die Namibiese Ministerie van Omgewingsake binnekort sal reageer op ‘n berig wat die nasionale uitsaaier oor die onwettige handel in die ietermagô gedoen het. Die spesie is die dier wat die meeste mee onwettig handel getref word. Luidens die ministerie se jaarverslag oor stropery, is 129 van die diere in 2019 gestroop en in 2020, het net een van die 74 diere waarop beslag gelê is, oorleef. Die dier het baie waarde in die tradisionele medisyne mark in China en ander lande in die ooste, wat Viëtnam insluit. Kommentaar op die plasing het groot kommer gewek omdat mense nou die dier soek, spesifiek om daarmee handel te dryf. Ander sê weer die diere is volop waar hulle woon.  


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *