Unam: alles moet môre betaal wees om te gradueer

Die Universiteit van Namibië het ‘n beroep op alle studente gedoen om te verseker dat alle nodige dokumentasie ingedien is en fooie op datum is sodat hulle Vrydag kan gradueer. Die universiteit sê enige dokumentasie of betaling wat na 13 April ontvang word, sal veroorsaak dat hulle gradeplegtigheid eers in September vanjaar kan plaasvind. Berigte lui dat studente ongelukkig is met die stelsel en meen daar is vertragings met die prosessering van betalings en meer. Klas- en biblioteek-fooie moet ook alles vereffen wees.