Regering se verantwoordelikheid om werkers veiling te hou – Ardern

Die Eerste Minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, sê doeane-amptenare wat teen die einde van April nie teen Covid-19 ingeënt is nie, sal in poste geplaas word waar hulle minder blootgestel is. Dit volg luidens berigte op ‘n geval verlede week waar ‘n werker positief getoets het nadat hy twee afsprake vir ‘n inenting misgeloop het. Die land het in Februarie met sy Covid-19 inentingsprogram begin. Ardern sê die regering het ‘n verpligting om toe te sien dat werkers gesond en veilig is waar hulle in beheerde afsondering in die voorste linie werk: