Kora-saak: regter wil weet wat nou?

Regter Herman Oosthuizen het opdrag gegee aan die partye in die saak waarin die Namibiese Toerismeraad die Mundial Telecom Sarl maatskappy, sy eienaar Ernst Adjovi en sogenaamde plaaslike verteenwoordiger Tonata Shiimi dagvaar vir 1,5 miljoen Amerikaanse doller, om vanoggend voor hom te verskyn. Oosthuizen wil weet wat die status van die saak is en hoe die verloop sal hanteer word. Daar is sedert Oktober verlede jaar geen beweging in die saak nie en geen verdere dokumente is ingedien nie. Die toerismeraad het reeds in 2016 die saak hangende gemaak. Die saak spruit uit die mislukte Kora-toekennings wat nooit plaasgevind het nie. Die Namibiese Toerismeraad het die gelde aan Adjovi oorbetaal vir bemarking in aanloop tot die toekennings. Adjovi het in 2004 die musiek toekennings geskep. Dit sou in Namibië gehou in Desember 2015 plaasvind maar het nooit gebeur nie. Adjovi verdedig die saak.