Iran blameer Israel vir kragonderbreking

Die Iranse owerhede het die kragonderbreking by die Natanz-kernaanleg as ‘n terroristedaad beskryf. Die kragonderbreking is volgens berigte die gevolg van Israeliese kuberoptrede. Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, het gister gesê die stryd teen Iran en sy bondgenote en die land se bewapeningspogings is ‘n reuse sending. Volgens internasionale media is die kragonderbreking blykbaar veroorsaak deur ‘n doelbewuste ontploffing. Die koerant haal amptenare aan wat meen die ontploffing het Iran se uraan-verrykingsvermoë ‘n ernstige knou toegedien.