Skool-uniform projek wag sedert 2013

Die Namibiese Minister van Handel Lucia Iipumbu sê die sogenaamde skool uniform projek is gevorderd en sal die jaar geïmplementeer word. Kabinet het reeds in 2013 die plan om die invoer van skool uniforms uit te faseer goedgekeur maar dit is steeds nie geïmplementeer nie. Die projek sou meer as 8 000 werksgeleenthede geskep het en ‘n hupstoot aan die plaaslike vervaardigingsektor gegee het. Volgens Iipumbu was daar finansiële uitdagings maar die hoofsentrum by Nkurenkuru is voltooi en sal in die volgende 3 maande ingehuldig word. In plaas van 8 000 kleremakers is daar net 54 wat aangestel sal word omdat hulle reeds van die masjinerie om skool uniforms te vervaardig beskik.