Reaksie oor klankopname van ANC se top-ses

Die ANC se Tesourier-Generaal, Paul Mashatile, het die uitlek van ‘n klankopname van die ANC se top-ses vergadering veroordeel. In die opname word die ANC President, Cyril Ramaphosa, gehoor waar hy aan die voormalige president Jacob Zuma sê hy beskou hom as ‘n leier, ondanks Zuma se gevoel dat Ramaphosa hom in die tronk wil sien. Mashatile het diegene wat vir die uitlek van die gesprek verantwoordelik was, as ongedissiplineerd beskryf.