Skare-befondsing vir rugby kyk?
SA Rugby oorweeg volgens berigte skare-befondsing as ‘n moontlikheid om geld in te samel vir Covid-19 entstof, in ’n poging om seker te maak toeskouers kan die Britse en Ierse Leeus se toetse teen die Springbokke bywoon. Verlede maand is bevestig dat die toer soos beplan in Julie sal voortgaan. Die President van SA Rugby, […]
Kavango olieboordery – sê jou sê
ReconAfrica het sy voorlopige verslag oor die seismiese opname in die Kavango-streke afgehandel en die dokument is beskikbaar vir insette van lede van die publiek. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het bevestig dat die Omgewingsimpak studie sowel as die voorlopige omgewing bestuursplan reeds ingedien is. Die dokumente moet goedgekeur word voordat enige verdere opnames in […]
Floyd se dood nie dwelms nie
Gewelddadige betogings het in die voorstad Brooklynpark in Minneapolis in die Amerikaanse staat Minnesota uitgebreek nadat ‘n swart man se voertuig gestop en hy deur ‘n polisiebeampte doodgeskiet is. Die jongste voorval was minder as 20 kilometer vanwaar ‘n ander polisiebeampte, Derek Chauvin, teregstaan vir tweedegraadse moord ná die dood van George Floyd verlede jaar. […]
Gevriesde kwotas dra niks by nie
Fishcor hou ‘n veiling van 5 000 metrieke ton stokvis, op ‘n gevriesde kwota basis. Die maatskappy wil volgens berigte 60 miljoen Namibiese doller met die kwota verdien om operasionele kostes te dek. Maar, die verkoop van gevriesde kwotas hou geen voordeel vir Namibië in nie omdat die vis gevang word en direk van die […]
24% van xenofobiese aanvalle in 2020
Die Instituut vir Sekerheidstudies in Suid-Afrika het bevind dat 24 persent van xenofobiese aanvalle wat sedert 2013 in Suid-Afrika aangemeld is, die afgelope 12 maande voorgekom het. Onlangse aanvalle op buitelanders het veral in Durban voorgekom waar talle winkels geplunder en met petrolbomme aan die brand gesteek is. Die instituut sê die regering se nasionale […]
Faksies in ANC onder die loep
Die ANC is meer verdeeld as ooit in aanloop tot sy nasionale verkiesingskonferensie wat volgende jaar plaasvind. Twyfel bestaan of President Cyril Ramaphosa weer herkies gaan word terwyl faksies in die party, onder andere dié wat die Sekretaris-Generaal Ace Magashule ondersteun, sterker word. Ramaphosa het onlangs verklaar dat hy nie bekommerd is oor bewerings van […]
Kommer oor samewerking van bewaarders met Fishrot-lot
Reaksie word ontvang op die tweede keer wat selfone by verdagtes in die Fishrot-skandaal in die gevangenis gevind is. Volgens Graham Hopwood, Direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing is dit kommerwekkend en behoort die groep dieselfde behandeling as al die ander gevangenes te ontvang. Hy sê die grootste bron van kommer is indien amptenare […]
Toerismefonds in die hof in SA vandag
Solidariteit en AfriForum se saak oor die Covid-19 Toerisme-ekwiteitsfonds teen die Departement van Toerisme en sy minister, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, word vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof aangehoor. Die organisasies meen die fonds is gestig om slegs finansiering te verskaf aan toerisme-ondernemings met swartmense as eienaars. Anton van der Bijl van Solidariteit sê hulle is gedwing om […]
2 renoster horings, 1 ietermagô vel
Die jongste wildlewe misdaad verslag die deur die Ministerie van Omgewingsake bekend gemaak. Tussen 5 en 11 April was daar 2 nuwe sake wat geregistreer is met 5 verdagtes wat in hegtenis geneem is. Drie is vas vir renoster stropery of sameswering om renosters te stroop. Twee renoster horings, ‘n ietermagô vel en 1 voertuig […]
Virus kan binnekort onder beheer wees mits mense gehoor gee
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gewaarsku die korona-virus pandemie is nog lank nie verby nie, maar kan binne maande onder beheer gebring word. Die virus het tot dusver die lewens van byna 3 miljoen mense wêreldwyd geëis. Die Direkteur-Generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê verwarring, selfvoldaanheid en inkonsekwentheid ten opsigte van openbare gesondheidsmaatreëls en die […]