Skare-befondsing vir rugby kyk?

SA Rugby oorweeg volgens berigte skare-befondsing as ‘n moontlikheid om geld in te samel vir Covid-19 entstof, in ’n poging om seker te maak toeskouers kan die Britse en Ierse Leeus se toetse teen die Springbokke bywoon. Verlede maand is bevestig dat die toer soos beplan in Julie sal voortgaan. Die President van SA Rugby, Mark Alexander, het aan media gesê hulle stel ook baie streng beheermaatreëls by stadions voor, insluitend toetsing voor wedstryde. Hy sê die toer sal na verwagting 6,6 miljard Namibiese doller tot die land se ekonomie bydra.