24% van xenofobiese aanvalle in 2020

Die Instituut vir Sekerheidstudies in Suid-Afrika het bevind dat 24 persent van xenofobiese aanvalle wat sedert 2013 in Suid-Afrika aangemeld is, die afgelope 12 maande voorgekom het. Onlangse aanvalle op buitelanders het veral in Durban voorgekom waar talle winkels geplunder en met petrolbomme aan die brand gesteek is. Die instituut sê die regering se nasionale plan van optrede om xenofobiese aanvalle te verhoed en maatskaplike samehorigheid te bevorder, moet vinnig opgeskerp word om voor die plaaslike verkiesings ‘n groot impak te maak.