Toerismefonds in die hof in SA vandag

Solidariteit en AfriForum se saak oor die Covid-19 Toerisme-ekwiteitsfonds teen die Departement van Toerisme en sy minister, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, word vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof aangehoor. Die organisasies meen die fonds is gestig om slegs finansiering te verskaf aan toerisme-ondernemings met swartmense as eienaars. Anton van der Bijl van Solidariteit sê hulle is gedwing om regstappe te doen omdat die minister ná gesprekvoering steeds geweier het om die fonds vir alle toerisme-ondernemings oop te stel: