Virus kan binnekort onder beheer wees mits mense gehoor gee

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gewaarsku die korona-virus pandemie is nog lank nie verby nie, maar kan binne maande onder beheer gebring word. Die virus het tot dusver die lewens van byna 3 miljoen mense wêreldwyd geëis. Die Direkteur-Generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê verwarring, selfvoldaanheid en inkonsekwentheid ten opsigte van openbare gesondheidsmaatreëls en die toepassing daarvan beïnvloed die oordrag van die virus en kos lewens: