Floyd se dood nie dwelms nie

Gewelddadige betogings het in die voorstad Brooklynpark in Minneapolis in die Amerikaanse staat Minnesota uitgebreek nadat ‘n swart man se voertuig gestop en hy deur ‘n polisiebeampte doodgeskiet is. Die jongste voorval was minder as 20 kilometer vanwaar ‘n ander polisiebeampte, Derek Chauvin, teregstaan vir tweedegraadse moord ná die dood van George Floyd verlede jaar. Sondag se slagoffer is as die 20-jarige Daunte Wright geïdentifiseer. ‘n Kardioloog wat in die Chauvin-verhoor getuig het, Dr Jonathan Rich, het intussen gesê hy het ‘n moontlike dwelm-oordosis as die oorsaak vir Floyd se dood uitgesluit: