2 renoster horings, 1 ietermagô vel

Die jongste wildlewe misdaad verslag die deur die Ministerie van Omgewingsake bekend gemaak. Tussen 5 en 11 April was daar 2 nuwe sake wat geregistreer is met 5 verdagtes wat in hegtenis geneem is. Drie is vas vir renoster stropery of sameswering om renosters te stroop. Twee renoster horings, ‘n ietermagô vel en 1 voertuig is gekonfiskeer. Die renoster-stropery geval is in Windhoek geregistreer terwyl die ietermagô vel in Outapi gevind is.