Faksies in ANC onder die loep

Die ANC is meer verdeeld as ooit in aanloop tot sy nasionale verkiesingskonferensie wat volgende jaar plaasvind. Twyfel bestaan of President Cyril Ramaphosa weer herkies gaan word terwyl faksies in die party, onder andere dié wat die Sekretaris-Generaal Ace Magashule ondersteun, sterker word. Ramaphosa het onlangs verklaar dat hy nie bekommerd is oor bewerings van ‘n komplot om hom by die volgende algemene raadsvergadering te verwyder nie. Die buurland se Politieke Ontleder, Daniel Silke, sê dis duidelik dat die party op die oomblik in twee verdeel is:

Hy sê baie organisasies en sektore in Suid-Afrika sal verkies om Ramaphosa in beheer te hê eerder as die alternatiewe opsies in die party: