Kaapstad verbaas oor DBV se bobbejaan beslissing

Die Stad Kaapstad sê hy is verbaas oor die Nasionale Dierebeskermingsvereniging se formele aankondiging om sy steun vir die gebruik van verfbal-merkers as ‘n manier om bobbejane uit die stedelike gebiede te hou, te ontrek. Die stad sê hy is nou in ‘n moeilike situasie en hy sal sy kontrak met die diensverskaffer wat die bobbejane monitor, moet hersien. Bobbejaanmonitors sal ook onttrek word. Daar word gevrees dit gaan meer bobbejaansterftes tot gevolg hê omdat hul onwettig doodgemaak sal word.