Noa doen vandag aansoek om borg

Die borgaansoek van Dennis Noa, die leerlingdokter wat op klagte van sodomie in hegtenis geneem is, sal vandag in die Katutura Landdroshof aangehoor word. Die saak is op 14 April, tydens sy eerste verskyning tot vandag toe uitgestel omdat die Staat gesê het daar is nuwe verwikkelinge in die saak. Noa se regsverteenwoordigers het saamgestem en die partye het ooreengekom dat indien die ondersoek vroeër afgehandel is sal die partye die hof nader vir ‘n vervroegde borgaansoek. Noa word daarvan verdink dat hy ‘n manlike pasiënt verkrag het. Die man word in die Katutura hospitaal behandel vir breinbeserings wat hy in Maart in ‘n motorongeluk opgedoen het. Hy is op Seeis aangehou.