SA-miljardêr skenk entstof-tegnologie

‘n Suid-Afrikaans-gebore entrepreneur-miljardêr op die gebied van biotegnologie, Patrick Soon-Shiong, het bekendgemaak dat sy Amerikaanse firma en filantropiese stigting aanvanklik 3 miljard Namibiese doller sal skenk om die jongste tegnologie oor die vervaardiging van entstowwe en biologiese terapieë na Suid-Afrika oor te dra. Hy het op ‘n internasionale vergadering oor die billike verspreiding van Covid-entstowwe gesê die oordrag van tegnologie is net so belangrik soos om afstand te doen van intellektuele eiendomsregte. Soon-Shiong sê sy stigting is daartoe verbind om terug te keer na Suid-Afrika en hierdie soort tegnologie oor te dra.