Brandweerstasie steeds nie in gebruik nie, meubels kort

Ongwediva se spiksplinternuwe brandweerstasie is nog nie in gebruik geneem nie. Die geriewe vir brandbestryders is reeds in die vorige finansiële jaar voltooi maar daar is steeds geen meubels vir personeel om in te trek nie. Die dorp se Burgemeester Priest Shalyefu sê sy dorpsraad het daarom net meer as 226 000 Namibiese doller bewillig vir die aankoop van die nodige toerusting om dienste aan die dorp te verbeter. Daar is ook verlede jaar 2 miljoen doller opsy gesit om ‘n meer moderne brandweerwa aan te koop met ‘n bykomende 3,2 miljoen doller wat vanjaar vir die finale betaling op die voertuig sal dien. Konstruksie aan die brandweerstasie het reeds in 2015 begin.