Amupanda wys raadslede aan vir 10 kiesafdelings

Windhoek se Burgemeester Dr. Job Amupanda, het raadslede vir plaaslike owerhede aan al 10 kiesafdeling van die Khomas-streek toegewys. Hulle sal saam met streeksraadslede in elke kiesafdeling tydens hul termyn saamwerk. Stad Windhoek se Woordvoerder Lydia Amutenya gee bevestiging aan Kosmos 94.1 Nuus.