Australië berei entstof voor vir 2022 se Covid-variante

Die Covid-entstof vervaardiger Moderna het ‘n ooreenkoms met Australië gesluit vir 25 miljoen dosisse, waarvan 10 miljoen later vanjaar gelewer sal word. Die oorblywende 15 miljoen sal versterkerdosisse vir nuwe variante wees wat volgende jaar gelewer sal word. Australië het tot dusver meer as 29 000 gevalle van Covid-19 aangeteken, met 910 sterftes. Die Minister van Gesondheid, Greg Hunt, sê die Moderna-ooreenkoms is belangrik om Australië se entstofprobleme nou én in die toekoms te bestuur: