Burgelike organisasie staan Namibiërs by om dokumente te bekom
Die Monica Gender Equality, Human Rights and Social Justice Organisation sal Namibies-gebore burgers sonder dokumente help om dit te bekom. Mense in die Noorde word aangemoedig om hul kantore in Outapi te besoek. Die Hoof-aktivis Shaanika Nashilongo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibiërs sonder die nodige dokumente kan nie ‘n bankrekening oopmaak of trou […]
Staatsamptenare in SA: onderhandelings bereik dooiepunt
Die Vereniging vir Staatsamptenare in Suid-Afrika is teleurgesteld oor die verloop van salarisonderhandelings tussen vakbonde en die regering. Die samesprekings het verlede week ‘n dooiepunt bereik toe die regering geweier het om sy standpunt van ‘n nul-persent verhoging te laat vaar terwyl werkers 7 persent eis. Ruben Maleka van die vereniging sê die werkgewer onderhandel […]
Loonkommissie kuier volgende week in die Suide
Die Namibiese Ministerie van Arbeid is steeds besig om ondersoek in te stel na ‘n nasionale minimumloon en sal op 18 Mei inwoners by Aussenkehr in die verre Suide besoek. Die Voorsitter van Loonkommissie wat die ondersoek instel, Dr Marius Kudumo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Wallis ondersoek moontlikheid van toeskouers
Die Uitvoerende Hoof van die Walliese Rugbyunie, Steve Phillips, sê hulle sal voortgaan om die Covid-19 situasie te monitor ten opsigte van enige moontlike toegang vir toeskouers by die tuistoetse teen Kanada en Argentinië in Julie. Wallis sal ‘n enkele toets teen Kanada en twee teen die Pumas speel op die Principality-stadion. Dit vervang die […]
Pfizer in VSA goedgekeur vir kinders tussen 12 en 15
Die Amerikaanse Voedsel- en Medisyne-administrasie het die gebruik van Pfizer-BioNTech se Covid-19 entstof vir kinders tussen 12 en 15 goedgekeur. Sowat 1,5 miljoen gevalle van die siekte onder 11- tot 17-jariges is tussen Maart verlede jaar en verlede maand by die Sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming aangemeld. Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê die goedkeuring […]
Brittanje maak verder oop
Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, is opgewonde oor ‘n die nuwe vier-stap-plan om Engeland se inperking te verslap. Winkels, haarkappers, gimnasiums en buitelig-restaurante het op 12 April heropen. Vanaf 17 Mei kan twee huishoudings in een huis saam kuier en kroeë, restaurante, rolprent- en konsertteaters mag weer oopmaak. Hy maan Britte om steeds versigtig […]
Sassa moet bykom – Black Sash
Die Black Sash sê Sassa se verduideliking vir die laat betaling van die Covid-19 Maatskaplike noodverligtingstoelaes is onaanvaarbaar. Sassa sê hy wag op goedkeuring om fondse uit die vorige boekjaar te benut. Benewens die tyd wat dit gaan duur om goedkeuring te verkry, sal dit waarskynlik ook nie as ‘n enkelbedrag uitbetaal word nie. ‘n […]
Onderwys ontvang goedkoper boustelsel
Die Namibiese Minister van Onderwys Anna Nghipondoka, sê die ministerie sal ‘n nuwe standaard en bekostigbare metode van konstruksie implementeer wat die koste van bouprojekte sal beperk. Sy het ‘n skenking van die planne van Direct Design Lab ontvang maar het nie bekend gemaak presies wat die besparing sal wees nie. Nghipondoka sê Kabinet moet […]
NBC: konsiliasie laaste hoop
Konsiliasie is volgens die Napwu-vakbond die enigste hoop om die voortslepende staking by die NBC tot ‘n einde te bring. Gideon Thomas van die vakbond sê sou die poging onsuksesvol wees sal die vakbond aansoek doen vir ‘n interdik. Luidens die jongste berigte wou die voorsitter van die NBC se raad Lazarus Jacobs nie kommentaar […]
Portugal staan Mosambiek by
Portugal gaan nog sestig soldate na Mosambiek stuur ingevolge ‘n nuwe samewerkings-ooreenkoms om die land in sy stryd teen Isis-insypelaars te help. Internasionaal word daar berig dat Portugal se Minister van Verdediging, Joao Cravinho, sê die ooreenkoms sal tot 2026 duur. ‘n Dosent aan die Universiteit van die Vrystaat, Theo Neethling, sê die ooreenkoms volg […]