Onderwys ontvang goedkoper boustelsel

Die Namibiese Minister van Onderwys Anna Nghipondoka, sê die ministerie sal ‘n nuwe standaard en bekostigbare metode van konstruksie implementeer wat die koste van bouprojekte sal beperk. Sy het ‘n skenking van die planne van Direct Design Lab ontvang maar het nie bekend gemaak presies wat die besparing sal wees nie. Nghipondoka sê Kabinet moet eers die stelsel oorweeg. Skoolinfrastruktuur in Namibië is nie net verouderd nie maar, daar is ‘n wesenlike gebrek aan genoeg skole en koshuise regoor die land. Covid het die tekorte aan die lig gebring met veral tekorte aan elektrisiteit, lopende water, sanitasie en meer. Die Projekbestuurder van Direct Design Lab Lukas Mungolo sê hulle poog met die skenking van die planne en boustelsel om die regering by te staan met infrastruktuur wat bekostigbaar is.