Staatsamptenare in SA: onderhandelings bereik dooiepunt

Die Vereniging vir Staatsamptenare in Suid-Afrika is teleurgesteld oor die verloop van salarisonderhandelings tussen vakbonde en die regering. Die samesprekings het verlede week ‘n dooiepunt bereik toe die regering geweier het om sy standpunt van ‘n nul-persent verhoging te laat vaar terwyl werkers 7 persent eis. Ruben Maleka van die vereniging sê die werkgewer onderhandel in kwader trou en vakbonde gaan geen ander keuse hê as om te staak nie: