NBC: konsiliasie laaste hoop

Konsiliasie is volgens die Napwu-vakbond die enigste hoop om die voortslepende staking by die NBC tot ‘n einde te bring. Gideon Thomas van die vakbond sê sou die poging onsuksesvol wees sal die vakbond aansoek doen vir ‘n interdik. Luidens die jongste berigte wou die voorsitter van die NBC se raad Lazarus Jacobs nie kommentaar lewer nie. Hy het ook nie melding gemaak of die personeel se mediese fonds bydrae en behuising betaal word nie. Die vakbond beskuldig die nasionale uitsaaier van oneerlikheid. Werkers staak sedert 23 April en eis salarisverhogings maar die korporasie se regeringsubsidie is met 62 persent gesny in die huidige finansiële jaar.