Wallis ondersoek moontlikheid van toeskouers

Die Uitvoerende Hoof van die Walliese Rugbyunie, Steve Phillips, sê hulle sal voortgaan om die Covid-19 situasie te monitor ten opsigte van enige moontlike toegang vir toeskouers by die tuistoetse teen Kanada en Argentinië in Julie. Wallis sal ‘n enkele toets teen Kanada en twee teen die Pumas speel op die Principality-stadion. Dit vervang die geskeduleerde somertoer na Argentinië wat afgelas is weens die pandemie en reisbeperkings. Phillips sê in die huidige omstandighede is hulle net bly om internasionaal te kan speel.