Sassa moet bykom – Black Sash

Die Black Sash sê Sassa se verduideliking vir die laat betaling van die Covid-19 Maatskaplike noodverligtingstoelaes is onaanvaarbaar. Sassa sê hy wag op goedkeuring om fondse uit die vorige boekjaar te benut. Benewens die tyd wat dit gaan duur om goedkeuring te verkry, sal dit waarskynlik ook nie as ‘n enkelbedrag uitbetaal word nie. ‘n Woordvoerder van Black Sash, Esley Philander, sê die terugbetaling van agterstallige toelaes is ook tydelik opgeskort, met ernstige gevolge vir begunstigdes: