Pfizer in VSA goedgekeur vir kinders tussen 12 en 15

Die Amerikaanse Voedsel- en Medisyne-administrasie het die gebruik van Pfizer-BioNTech se Covid-19 entstof vir kinders tussen 12 en 15 goedgekeur. Sowat 1,5 miljoen gevalle van die siekte onder 11- tot 17-jariges is tussen Maart verlede jaar en verlede maand by die Sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming aangemeld. Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê die goedkeuring is ‘n belowende verwikkeling in die stryd teen die virus. Die entstof is tot nou slegs gemagtig vir mense van 16 en ouer.