Burgelike organisasie staan Namibiërs by om dokumente te bekom

Die Monica Gender Equality, Human Rights and Social Justice Organisation sal Namibies-gebore burgers sonder dokumente help om dit te bekom. Mense in die Noorde word aangemoedig om hul kantore in Outapi te besoek. Die Hoof-aktivis Shaanika Nashilongo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibiërs sonder die nodige dokumente kan nie ‘n bankrekening oopmaak of trou nie.