Kinders slagoffers van skietvoorval in Rusland
Minstens sewe kinders en ‘n onderwyser is volgens berigte dood tydens ‘n skietvoorval by ‘n skool in Kazan, oos van die Russiese hoofstad Moskou. ‘n Plaaslike nuusagentskap berig dat vier seuns en drie meisies in graad 8 onder die slagoffers is. Talle ander studente is gewond en hospitaal toe geneem. Volgens die nuusagentskap is ‘n […]
Bob Marley sterf vandag, 40 jaar gelede
Vandag 40 jaar gelede het die wêreld se grootste en bekendste reggae-ster Bob Marley gesterf. Hy was net 36 toe hy aan kanker op 11 Mei 1981 oorlede is. Verslaggewer Sithakazelo Dlamini het meer.
Airlink sluit ooreenkoms met Keniaanse redery
Kenia se nasionale lugredery, Kenya Airways, en die Suid-Afrikaanse plaaslike lugredery Airlink het ‘n ooreenkoms gesluit. Die waarnemende Handelshoof van Kenya Airways, Julius Thairu, sê dit sal passasiers moeitelose toegang tot beide operateurs se netwerke bied. Airlink sal sy kliënte van kaartjies kan voorsien na Nairobi en selfs verder na die Keniaanse lugdiens se netwerk […]
Leerders wat eksamen wil skryf moet inligting verifieer
Die Namibiese Ministerie van Onderwys het leerders wat vir die Graad 11 en 12 eksamens aan die einde van die jaar geregistreer is, daaraan herinner dat hulle al hulle inligting by die eksamensentrums moet verifieer. Alle deeltydse kandidate, vir beide Graad 11 en 12 kan reeds vanaf 5 Mei tot 4 Junie inligting bevestig en […]
Nakuta sê hy sal ondersoek instel, as hy kan
Die Media Ombudsman, John Nakuta het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy nog nie bewus is van ‘n klag deur ‘n burgerlike groep teen olie eksplorasie in die Kavango-streke nie. Die groep, die Kavango Oil Exploration Activists, het ‘n klag teen die NBC gelê omdat hy na bewering inligting oor ReconAfrica uitgesaai het maar […]
Duisende liter drinkwater lek in rivier in
Die Von Bach-Windhoek pompstasie lek water, luidens berigte as gevolg van ‘n foutiewe klep. Die water, wat reeds gereinig is en hoofstad toe vervoer word, lek reeds ‘n geruime tyd in die Otjihavera-rivier in. NamWater reeds verlede week verwittig van die kwessie maar, dit wil voorkom as dit nie aangespreek is nie. Kenners meen duisende […]
Pompstasie se lekkasie word aangespreek
Die Hoof van die Sentrale Watervoorsienings-eenheid by NamWater Dr Eino Mvula het met Komsos 94.1 Nuus gepraat oor die lekkasie by die pompstasie tussen Okahandja en Windhoek. Drinkwater lek reeds ‘n geruime tyd uit en Kosmos 94.1 Nuus het die probleem reeds verlede week aangemeld. Vanoggend het die nuusspan met NamWater se Hoof Uitvoerende Beampte […]
Tucna beroep hom op artikel van Arbeidswet
Die Vakbond Kongres van Namibië sê hy beroep hom op artikel 80(1)(b) van die Arbeidswet van 2007 in die staking van die werknemers van die NBC. In ‘n skrywe aan die Namibiese Minister van Arbeid, Utoni Nujoma, sê Mahongora Kavihuha dit wil voorkom asof daar nie tot verhaal gekom word nie. Hy het ‘n beroep […]
Ietermagô loop weer deur
Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het die jongste wildlewe misdaad verslag bekend gemaak. Tussen 3 en 9 Mei is twee nuwe sake geregistreer met twee verdagtes wat in hegtenis geneem is. Die ministerie sê een man is vas in Kamanjab en ‘n ander in Rundu, albei vir die onwettige besit van ‘n ietermagô vel. Die […]
Kaapse tannie, 103, registreer vir inenting
‘n Honderd-en-driejarige Kapenaar het vir Covid-19 inenting geregistreer tydens ‘n veldtog deur die Wes-Kaapse LUR vir Gesondheid, Nomafrench Mbombo. Nosayiniete Cetyiwe is een van 29 inwoners bo 60 wat by die Masimanyane-sentrum in Delft geregistreer het. Mbombo en gemeenskapswerkers het inwoners gehelp om hulle besonderhede in te dien. Almal wat geregistreer het, het ‘n pak […]