Nakuta sê hy sal ondersoek instel, as hy kan

Die Media Ombudsman, John Nakuta het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy nog nie bewus is van ‘n klag deur ‘n burgerlike groep teen olie eksplorasie in die Kavango-streke nie. Die groep, die Kavango Oil Exploration Activists, het ‘n klag teen die NBC gelê omdat hy na bewering inligting oor ReconAfrica uitgesaai het maar dit nie duidelik gemaak het dat die lugtyd voor betaal was nie. Dus, sê die groep, kom dit voor asof dit geloofwaardige, geverifieerde inligting is. Nakuta het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…