Ietermagô loop weer deur

Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het die jongste wildlewe misdaad verslag bekend gemaak. Tussen 3 en 9 Mei is twee nuwe sake geregistreer met twee verdagtes wat in hegtenis geneem is. Die ministerie sê een man is vas in Kamanjab en ‘n ander in Rundu, albei vir die onwettige besit van ‘n ietermagô vel. Die diertjie is een van die diere waarmee daar die meeste onwettige handel gedryf word ter wêreld.