Pompstasie se lekkasie word aangespreek

Die Hoof van die Sentrale Watervoorsienings-eenheid by NamWater Dr Eino Mvula het met Komsos 94.1 Nuus gepraat oor die lekkasie by die pompstasie tussen Okahandja en Windhoek. Drinkwater lek reeds ‘n geruime tyd uit en Kosmos 94.1 Nuus het die probleem reeds verlede week aangemeld. Vanoggend het die nuusspan met NamWater se Hoof Uitvoerende Beampte Abraham Nehemia gepraat en Dr Mvula het bevestig dat die probleem nou aangespreek word.