Kinders slagoffers van skietvoorval in Rusland

Minstens sewe kinders en ‘n onderwyser is volgens berigte dood tydens ‘n skietvoorval by ‘n skool in Kazan, oos van die Russiese hoofstad Moskou. ‘n Plaaslike nuusagentskap berig dat vier seuns en drie meisies in graad 8 onder die slagoffers is. Talle ander studente is gewond en hospitaal toe geneem. Volgens die nuusagentskap is ‘n 19-jarige verdagte in hegtenis geneem. President Vladimir Putin het in reaksie gesê hy gaan Rusland se wapenwette hersien.